Bynaam | (ur) Parc̱am-e Sitārah o-Hilāl (af) Vlag van die sekelmaan en ster |
---|---|
Gebruik | Staats- en Oorlogsvlag |
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 11 Augustus 1947[1] |
Ontwerp | ’n Vertikale wit baan aan die vlagpaalkant met ’n enkele groen baan in die wapperkant met ’n ster en sekelmaan in wit daarop |
Ontwerp deur | Amiruddin Kidwai |
Die nasionale vlag van Pakistan (Oerdoe: قومی پرچم, Qaumī Pārc̱am) is op 11 Augustus 1947 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale wit baan aan die vlagpaalkant met ’n enkele groen baan in die wapperkant met ’n ster en sekelmaan in wit daarop. Die Pakistanse nasionale volkslied (قومی ترانہ, Qaumī Tarānah) verwys in die derde vers met die woorde پرچمِ ستاره و ہلال رہبرِ ترقّی و کمال – "Vlag met die ster en sekelmaan, die leier van vordering en opstyg" – na die vlag.